No data was found

Koerania Gemeenskapskoerant

Die vraag: Wanneer laas het jy iets nuut gedoen? Iets wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie. Iets wat jou verryk. Iets buite jou gemaksone. Iets wat jou denke of dade vernuwe, is ‘n gunsteling van my.

As ek om my kyk is daar baie mense wat nie ja op dié vraag kan antwoord nie. Wanneer het ons as mense so gemaklik (of liewer ongemaklik) geraak? Wanneer het ons so tevrede geraak met wat ons doen, dink of beleef? Die ongemaklike gemaksone wat geen grense toets nie kan tog nie verandering bring nie.

Dit bring nie verandering vir my leefstyl, denkwêreld of metodes wat ek aanwend om my lewe vol te maak nie. Daar is aksie nodig voordat verandering kan geskied. Daar moet ‘n beweeg van A na B wees om te vernuwe, te groei of te verander.

Ek hou Koerania se sosiale media platforms dop om te beleef hoe mense nie lus het om nuut te dink, of selfs vir hulself te dink nie. Ons het so gemaklik geraak met die ongemak daarvan dat ander namens ons dink of besluit.

Legio opinies is oor die daarstel van die Paul Kruger standbeeld in Orania geuiter. ‘n Replika van ‘n stuk erfenis het nog nooit soveel mense laat gons nie. Die oorgrote meerderheid is positief en herleef ‘n stukkie geskiedenis en gebruik die geleentheid om die feite met hulle kinders, die jonger geslag of ander kulture te deel.

Tog voel dit of die geskiedenis homself herhaal… Die gemaksone het negatief, minder wees, kleiner maak, afbreek en selfs oorlog geword. Ek weier egter om my denke na so ‘n laagtepunt te laat spin!

Ek wil deel wees van ‘n omgewing waar daar opgebou word, gebou word en ‘n positiewe uitkoms die doel is. Wag jy vir iemand anders om die opbou en positiewe uitkoms te bewerkstellig? Of is jy daar in jou vriendekring, straat, buurt, dorp of stad die een wat innovasie voorhou? Wat jubel oor ‘n nuwe idee? Wat feesvier oor ‘n goeie daad?

Indien jy nie is nie, maak tog plek vir iemand wat is! Oktobermaand is die mooiste maand. Skryf in vir die Ons Paradys Tuinuitdaging? Gaan maak ‘n verskil by die tehuis vir bejaardes? DOEN net iets! Praat minder en doen meer!

Skink vir iemand ‘n koffie wat dit nie verwag nie. Doen iets nuut vir jouself en jou gemeenskap! #Herlaai

Orania Weer
Please set your weather API key.

Sosiale Media

Oktober

17-31 – Bejaardeweek

17 – Paradys Tuinuitdaging Inskrywings

18 – Halfmarathon

25 – Dans bring kleur

26 – Stap vir Jesus

27 – NK Herlewingsdienste

31 – Paradys Tuinuitdaging Beoordeling

November

1 – Raar maar Waar

7 – Aandmark – Die Kuierstoep

14 – Koerania Uitgawe 24

28, 29, 30 – Herlaai Vrouewegbreek

Ongevalle | Brand | Veiligheid
060 501 7877 of 053 207 0089

Water & Riool | Elektries
053 207 0063/4 (Kantoorure)
053 207 0089 (Na-ure)

Misbruik van enige van hierdie nommers is strafbaar.

Na-uurse tegniese bystand is vir die rekening van die inwoner, tensy die probleem veroorsaak is deur ‘n fout aan die kant van die Dorpsraad se infrastruktuur.

Untitled design - 2025-10-20T084009.953
October, 2025

Die replika van die President Paul Kruger standbeeld word op 10 Oktober 2025 in Orania onthul. Verskeie sprekers het die geleentheid gehad om hul gedagtes tydens die onthulling te deel.

Danie Langner

“Sy lewe het weer met ons in die konteks van 2025 begin praat. ’n Groot roepstem het deur die eeue gekom, ’n appèl op elke Afrikaner, helder en dringend, soos ’n klok wat begin lui oor hierdie land.”

Hannes Noëth

“Ons weet dat nie almal hierdie daad sal verstaan nie, maar in die woorde van een van ons grootste politieke antagoniste: ’n Standbeeld is nooit onskuldig nie. Dis ’n vorm van politieke kommunikasie, ’n aanspraak op ruimte en rigting, van wie behoort en wie nie.”

Riaan Jacobs

“Toe die reis om Oom Paul in Orania te vestig, begin het, was my eerste gedagtes iets soos dat dit ’n mooi huldiging is van een van ons groot volkshelde en ons moet ons erfenis bewaar, anders is daar niks meer oor nie’.”

kinderakademe
October, 2025

Die Kinderakademie-familie, met takke in Parow, Brackenfell en Orania, deel ‘n gemeenskaplike passie: om elke kind se unieke ontwikkeling te koester. Cheri de Vos van Kidz Academy Parow (sedert 1994) en Nicolene Bothma van Brackenfell (sedert 2004) vorm, saam met Ilze Smit in Orania, die kern van hierdie Christelik-gebaseerde voorskoolse instelling. Die akademie bedien kinders van baba tot Gr. R, asook ‘n nasorgsentrum.
Nicolene Bothma, wat al 19 jaar in die veld is, beskryf haar werk as ‘n ongelooflike ervaring. “Ek leer elke dag by die kinders,” sê sy. Die kern van hul missie is om die kind voor te berei vir sy toekoms, met ‘n sterk fokus op interpersoonlike verhoudings en die ontwikkeling van beide klein en groot motoriese vaardighede. Die mantra is “Leer deur speel” – ‘n metode wat verseker dat elke kind ‘n stewige fondasie vir die laerskool kry.
Een van die Kinderakademie se grootste sterkpunte is hul vermoë om die langtermyn impak van hul werk te meet. Die nasorgsentrum dien as ‘n barometer om te sien hoe hul voormalige kleuters by die laerskool vaar. Hulle streef daarna om slegs ‘n stukkie klei wat gevorm word oor te stuur wat gereed is vir die volgende fase, en beklemtoon: “‘n Gelukkige kind presteer beter!”
Die akademie is ‘n teenvoeter vir die departementele druk wat onderwysers en kinders se vryspel verminder. Hulle fokus op ‘n minimum skermtyd en moedig buitespel aan, met Vrydae wat spesifiek gereserveer is vir vryspel en pret. Hulle moedig ouerbetrokkenheid aan deur aktiwiteitsboeke wat familietyd rondom die week se tema stimuleer.
Hulle diens strek verder as net opvoeding. ‘n Deeglike spyskaart, wat vars groente, stysel, vleis en selfs ‘n nagereg op Woensdae insluit, verseker dat kinders se groeiende breine gesond gevoed word. Cheri beklemtoon dat ouers te veel op die skool staatmaak vir opvoedkundige take soos dissipline, maniere en respek, wat hulle probeer balanseer deur ouers weer betrokke te kry.
Ilze Smit, met byna 35 jaar ondervinding in voorskoolse onderwys, glo in die Orania-akademie se missie om ‘n skool te vestig waar elke kind teen sy eie tempo kan groei. Haar passie lê by die kind wat nie altyd in die hoofstroom vorder nie. Sy glo daar is altyd hoop en wil sukses behaal met ‘n kind wat nêrens anders inpas nie. Die kernboodskap is: “Ons breek nie af nie, ons bou op.” Die instansie is daartoe verbind om die saad van Christelike waardes en selfvertroue in elke unieke kind te plant.
Kontak Kinderakademie deur Ilze Smit by 082 856 8391 of Lily du Toit by 076 222 3369 te skakel.

WhatsApp Image 2025-10-17 at 20.05.10_abefe752
October, 2025

Die Woordfees word sedert die jaar 2000 in Stellenbosch aangebied. Koerania het gaan DEEL in die kuns, kos en kultuur van dié unieke fees.

Saartjie Botha, Direkteur van die fees, skryf in haar boodskap: “Dit bly ‘n voorreg om die Woordfees jaarliks op Stellenbosch aan te bied, in ‘n landskap vol skoonheid en vooruitgang, maar ook met ‘n sigbare herinnering dat dit nie met almal ewe goed gaan nie. ‘n Fees bly ‘n wonderlike platform om diskoers te voer, in te lig en te mobiliseer.”

So tussen die studente van die Universiteit van Stellenbosch word daar met musiek, woorde, klanke, kos, kernvrae en kopskuiwe gedeel. ‘n Lywige program laat geen ruimte vir onsekerheid wanneer daar gekies moet word wat ‘n individu wil bywoon of deel van wil wees nie.

Koerania het kontak gemaak met skrywers, bemarkers en ‘n goeie skeut gesprekke met vroue van die omgewing gedeel.

Rolbalbaan
October, 2025

Die Rolbalklub se kikuyu grassooie vir die walle en banke se bedekking is onlangs afgelewer.  Die bestuur het die studente van Bo-Karoo Opleiding vir hul hulp bedank. Hans Richardt is die projekbestuurder wat voorvat om die proses tot voltooiing te bestuur. Die spesiale rolbalgras vir die perk is gesaai. “So sal ons hierdie projek wen om vir Oraniërs ‘n spog sportfasiliteit daar te stel,” vertel Francois van Schalkwyk.

Lida Strydom, Burgemeester, het die klub se bestuur en hul helpers geluk gewens met die vordering en hul toewyding om van die baan ‘n pragarea te maak.

Kontak gerus die bestuur indien u ‘n lid van die klub wil word of ń bydrae wil maak om die rolbalbaan se afronding ‘n hupstoot te gee. OSK rekening: ORANIA ROLBALKLUB – GO 019

Ondersteun ons Adverteerders